Jonathan van RadioRaps in intensiewesorgeenheid
Updated | By MornéJK
Afrikaanse komediant, Jonathan van RadioRaps ontvang behandeling in die intensiewesorgeenheid van 'n Pretoriase hospitaal.
Volgens sy bestuurder Zinta Kymdell kon hulle nog nie vasstel presies wat hom makeer nie.
"Jonathan is ongelukkig tans in die hospitaal en alle optredes vir die volgende maand is vir eers gekanselleer," het sy op Facebook geskryf.
Sy sê Jonathan is die afgelope naweek opgeneem en sou vroeër die week 'n operasie in die buik ondergaan, maar het sy dokter dié operasie uitgestel weens komplikasies.
"Hy is Maandag oorgeplaas na hoë-sorg en teen Dinsdag na die intensiewe eenheid waar hy gemonitor word. Sy mediese span is tevrede en sê sy toestand is ernstig, maar bestendig," het sy aan MornéJK vertel.
Kymdell sê hy verlede naweek nog 'n vertoning gelewer met 'n drip, maar is kort daarna in die hospitaal opgeneem.
"Jonathan het galstene gehad wat na sy lewer en pankreas versprei het maar dokters kon dit nie verwyder nie want daar was komplikasies."
Kymdell sê hulle hoop hy is gou weer op die been.
Show's Stories
-
Alles wat jy moet weet oor die Afrikaanse weergawe van 'The Office'
Prep jou polonie, want die Afrikaanse weergawe van 'The Office' is amper...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 7 hours ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can ...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 8 hours ago