Jou Romeo in Johannesburg bekendgestel
Updated | By MornéJK
Die jongste romantiese tienerkomedie, Jou Romeo is gisteraand in Johannesburg aan die media bekend gestel tydens die amptelike premiêr.

Talle bekendes het die geleentheid bygewoon en die film sal op 23 Desember landswyd in fliekteaters begin draai.
Die film vertel die verhaal van Marko Marais (Ruan Wessels) wat die gewildste ou in Hoërskool Monument is, nie net omdat hy 'n jock is nie, maar ook omdat hy die krieketheld en 'n hartebreker is.
Hy en die drama geek Yvette (Elani Dekker) verskil soos dag en nag, maar ware liefde stuur op 'n liefdes-ramp af.
LEES OOK: Ruan Wessels: "Ek is geen hartebreker nie"
Jou Romeo, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring.





Show's Stories
-
WATCH: Ear fillers are the latest must-have beauty trend
Have cosmetic procedures gone too far?
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
WATCH: Cape Town Kwikspar throws party with DJ and dancing
New bucket list item: party in a grocery store.
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago