Karlien pen emosionele moederskap boodskap aan haar ma

Karlien pen emosionele moederskap boodskap aan haar ma

Karlien van Jaarsveld het hierdie naweek hart oopgemaak oor die rol wat haar ma in haar lewe speel.

ronel brink en karlien
Karlien van Jaarsveld en haar ma, Ronel Brink / Facebook

Karlien van Jaarsveld het op Moedersdag aan haar Facebook volgelinge verduidelik watter groot impak haar ma, Ronel Brink op haar lewe gehad het.

LEES OOK: Bobby en Karlien is terug met nóg 'n emosionele seisoen van 'In Jou Skoene'

Van Jaarsveld beskryf haar ma as ‘n sterk vrou. "Ek dink dis oorerflik. Sterk vroue bloei ook. Meeste van die tyd alleen, maar broos en gebreek wees is wat die roof maak. Dankie dat Ma vir my goed is, maar dankie ook vir die tye wat Ma nie my jong hart kon red nie," skryf van Jaarsveld op haar Facebook.

Die Rooilipsoene-sanger het met haar 300 000+ volgelinge gedeel hoe sy wens dat haar ma nie so swaar moet help dra aan haar kinders se pyne en skete nie. "Maar ek sien dis wat ‘n ma doen. Van geboorte tot die dood. Dit was nie nodig nie ma, maar dankie dat ma altyd die beer is wat die pyle van bitterheid kaalhande uit die lug gryp voordat dit ons harte kan tref," skryf van Jaarsveld.

"Dis wonde wat met tyd kan genees, maar die genadeloosheid van die laaste 10 jaar wat in die mense se harte kom nes skrop het, hou dit rou wonde. Ek besef daar’s tye wat my mamma-hart nie betyds sal kan keer dat my kindertjies gesig eerste die grond tref nie."

In die inskrywing bieg van Jaarsveld ook oor wat sy sien as haar eie onsekerheid oor ma wees. "Is ek goed genoeg vir hierdie kinders? Oorkompenseer ek genoeg vir die leemte van iemand wat daar moes wees, maar nie is nie? Gaan my kinders my altyd so lief hê soos nou? Gaan hulle oor 15 jaar nog sê “ek is so bly mamma is my mamma, mamma is die beste mamma wat ek ken”?.  

Lees die volledige inskrywing hier:

Show's Stories