Afrikaanse pop-prinses, Karlien van Jaarsveld het vroer die week 'n boodskap op sosiale media gedeel in verband met die huidige politieke situasie in Suid-Afrika.

Karlien van Jaarsveld: Ons moet bid vir SA

Afrikaanse pop-prinses, Karlien van Jaarsveld het vroer die week 'n boodskap op sosiale media gedeel in verband met die huidige politieke situasie in Suid-Afrika.

Karlien van jaarsveld

"Al wat ons kan doen is om te bid vir ons land," het Karlien aan MornéJK gesê.


'n Storm het op sosiale media losgebreek nadat Karlien 'n gebed op haar facebook blad gedeel het maar sy meen dit is nie iets wat sy self geskryf het nie, dit was 'n boodskap van haar huiskerk.


"Ek was verstom oor die reaksie wat die post uitgelok het want ek het net gevoel dis 'n gebed wat van pas is op wat tans gebeur in die politiek," meen Karlien.


Dit kom te midde van talle ander bekendes, waaronder Maps Maponyane en Steve Hofmeyr wat 'n beroep gedoen het op die regerende party dat President Jacob Zuma uit sy amp tree.


Karlien het 'n boodskap geskryf en dit aan Jacaranda FM luisteraars voorgelees. 


Luister hier:

Show's Stories