Karlien van Jaarsveld sing vir liefde
Updated | By MornéJK
Afrikaanse pop koninging, Karlien van Jaarsveld het haar splinternuwe enklesnit Sing Vir Liefde bekend gestel, en aanhangers kan hulself gereed maak vir nog nuwe musiek.
Die bekroonde sangeres en realiteit-ster was die afgelope ruk druk besig in the ateljee. En, na die sukses van haar vorige albums, het Karlien besluit dit is tyd vir iets nuuts.
Sing Vir Liefde word beskou as 'n baken van hoop en is deur Karlien, Johan Vorster en Christoph 'Appel' Kotzé geskryf.
LEES OOK: Karlien van Jaarsveld is verloof
"Hierdie enkelsnit was vir my lig op die horison. Dit het vir my gevoel terwyl ek aan hierdie album skryf, of ek kan deel wat op my hart is sonder dat dit verdraai kan word op enige manier," sê Karlien.
Sy meen ook dat Sing vir Liefde haar vry en lig laat voel en dat sy hoop om dieselfde gevoel by haar aanhangers te kweek deur die liedjie.
Show's Stories
-
Rassie Erasmus to receive SA’s highest award for uniting the country
Rassie Erasmus will be recognised for advancing “social cohesion among Sou…
Breakfast with Martin Bester 1 day, 6 hours ago -
West Rand man’s underwear car prank has SA in stitches
This is next-level pranking…
Breakfast with Martin Bester 1 day, 6 hours ago