Karlien van Jaarsveld weér swanger
Updated | By MornéJK
Afrikaanse pop-prinses Karlien Van Jaarveld het op sosiale media bevestig dat sy en haar nuwe man Joe Breytenbach swanger is.

Die paartjie het verlede maand ook op sosiale media verklap dat hulle stilletjies getrou het.
Hulle karjakker nou rond in Italië vir wat lyk soos 'n wittebrood.
"Ons is op die Amalfi-kus in Italië, dis asemrowend mooi hier - spesiale tye! Ek en Joe het gistraand baie gehad om te vier - ons het 'n babatjie wat op pad is!!!! Ek kan nie glo dat ek wéér so bevoorreg en gelukkig kan wees nie. Dis nog 'early days', maar my hart loop oor van dankbaarheid," het sy op Facebook geskryf.
A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on
Karlien het 'n moeilike tyd deurgegaan nadat sy haar baba-dogtertjie Eva in 2015 op 19 weke verloor het.
"15 Januarie 2015 sal my vir altyd bybly. Dis die dag wat ek ons dogtertjie verloor het op 19 weke," het Karlien ten tye op haar blad gepubliseer.
Sy het ook reeds twee seuns saam met rugby-legender, Derick Hougaard.
Baie geluk julle!
Show's Stories
-
WATCH: Harry, Meghan have 'fun date night' with Beyoncé
Even the Royals need to let their hair down and have fun!
The Drive with Rob & Roz 12 minutes ago -
A perfect gift for Dad: Steel-toed socks?
Technically, this invention could save everyone from a world of pain...(...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago