Karlien van Jaasveld is getroud!

Karlien van Jaasveld is getroud!

Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld het die naweek stil-stil met haar rugbyman, Joe Breytenbach getrou.

Karlien van Jaarsveld getroud
Instagram

Die paartjie het dit reggekry om nie ‘n woord te rep oor die bruilof wat onlangs plaasgevind het nie, en Karlien se ma, en bestuurder, Ronel Brink wou nog minder praat.

 

“Al wat ek kan sē is JA, hulle het getrou,” het sy aan Jacaranda FM News se MornéJK bevestig.

 

Karlien het vroeg Sondagoggend ‘n foto op sosiale media geplaas waarin dit duidelik is dat sy weer getrou het.

 

Die troue kom na ‘n baie publieke egskeiding van Derick Hougaard asook ‘n woordewisseling oor die trouring wat gevolg het.

 

Karlien en Joe het in September 2016 verloof geraak en die nuus ook op sosiale media gebreek, maar sedertdien het die twee alles in hul vermoë gedoen om hul liefdeslewe uit die kollig te hou.


LEES MEER OOR HUL VERLOWING HIER.


Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê - moet nooit opgee op die liefde nie. Xxx

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien het Saterdagoggend nog by die NickFest in Johannesburg opgetree en die foto is vroeg Sondag geplaas.


"andag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê - moet nooit opgee op die liefde nie," het sy op har Instagram profiel gesê.

 

Ronel Brink wou nie bevestig waar of wanneer die twee mekaar die ja-woord gegee het nie.

 

“As ek kon, sou ek vir jou meer besonderhede gee maar hierdie mamma gaan nie haar woord breek nie,” het Brink gesê.

 

Wie is Joe Breytenbach:

 

Joe Breytenbach is n 33-jarige rugbyspeler wat in Tzaneen gebore is.

 

Hy het in 2009 vir die SWD Eagles uitgedraf en in 2011 by die EP Kings aangesluit.

 

Volgens sy instagram profiel is Joe ‘n baie lewenslustige man wat daarvan hou om te sing en dans.

@thesamas_

A post shared by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on

Joe het Karlien ongeveer 12 jaar gelede vir die eerste keer ontmoet maar daar het niks van romanse gekom nie nadat hy na Frankryk verhuis het.

 

Na Karlien se egskeiding in 2015 gefinaliseer is, het sy en Joe verlede jaar hul eerste openbare verskyning gemaak toe hulle saam die Suid-Afrikaanse Musiek toekennings bygewoon het.​

Show's Stories