'Kokkedoor' is terug trek ’n braai-voorskoot aan!

'Kokkedoor' is terug trek ’n braai-voorskoot aan!

'Kokkedoor' is terug en só kan jy inskryf!

Kokkedoor Vuur & Vlam
Verskaf/ kykNET

In 2023 is dit die tiende verjaarsdag van die gewilde Afrikaanse koswerklikheidsreeks 'Kokkedoor', en om dit te vier gaan dit weer as ’n hoofgereg op kykNET vlamvat...

Kykers het in 2013 vir die eerste keer aan die 'Kokkedoor'-tafel kom sit en oor die jare het nog familielede van die reeks, 'Koekedoor', 'Kokkedoortjie' en 'Koekedoortjie' geurryke vermaak verskaf.

Wanneer dié unieke Afrikaanse reeks volgende jaar van die spensrak afgehaal word, trek dit ’n nuwe braai- voorskoot, 'Kokkedoor Vuur & Vlam', aan.

Vir 'Kokkedoor Vuur & Vlam' gaan deelnemers alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei. Soos met die vorige reekse, is belangrike bestanddele weer eens die kombinasie van vernuwing en onthou, van oud en nuut, asook van nostalgie en die onbekende.

Daarom soek kykNET nou vurige spanne, wat uit twee lede bestaan, om aan die reeks deel te neem. ’n Span bestaan uit ’n “pro”, wie ’n professioneel of opgeleide persoon in die kosbedryf is, en ’n familielid, wie die “entoesias” is en passievol is om om te braai.

Skryf só in:

Besoek www.kyknet.tv of stuur ’n video per WhatsApp-boodskap na 064-736-5013. Vir die inskrywingsvideo, wat nie langer as drie minute mag wees nie, moet spanne die volgende doen:

  • Hulself bekendstel;

  • Vertel wie hulle is;

  • Sê van waar hulle is;

  • Verduidelik wat die professionele spanmaat se kwalifikasies of kos-agtergrond is;

  • Beskryf wat die familieverband is;

  • Vertel hoekom hulle wil deelneem.

Meer inligting: 

  • Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger, wat ’n geldige identiteitsdokument het. 
  • Wat is die definisie van ’n 'pro'? Dis die spanlid met die papiere, kwalifikasies of bewese ervaring in ’n professionele kombuis of verwante blootstelling in die kosbedryf het. Dié deelnemer het gevorderde koskennis, tegniese vermoëns en toon kreatiwiteit met kos.
  • Wat is die definisie van 'entoesias'? Dié persoon, wat ’n familielid van die 'pro' is, is waarskynlik met ’n braaitang in die hand gebore en het ’n passie vir kosmaak en die braai-leefstyl.
  • Waar word die oudisies gehou? Oudisies sal in Bloemfontein, Gauteng en Kaapstad in Januarie en Februarie 2023 gehou word.
  • Wanneer en waar gebeur verfilming? Die spanne wat deurdring om deel te neem, gaan van 17 April tot 6 Mei 2023 in die Kaap-omgewing beskikbaar moet wees.
  • Wat is die sluitingsdatum vir inskrywings? 1 Desember 2022.
  • Soek jy meer inligting of het jy navrae? Stuur ’n e-pos na [email protected]
  • Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Ten minste 18 jaar oud op die dag van die oudisie.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories