Kunstenaars by Aardklop Fees vereer
Updated | By MornéJK
Kunstenaars in die Afrikaanse kunste bedryf is die afgelope naweek tydens 'n toekenningsgeleentheid by die Aardklop Nasionale Kunstefees vereer.

Alexa Strachan, Aardklop feesbestuurder, het as seremoniemeester opgetree en is met 'n staande ovasie aan die einde van die bekroning toegejuig.
Sy het by die geleentheid benadruk dat die Aardklop
Nasionale Kunstefees trots is om stééds 'n bydrae tot die kunste te lewer.
Die wenners het elk 'n beeldjie ontvang wat deur die plaaslike keramiek kunstenaar, Gretchen Crots, gemaak is, asook 'n kontantprys.
Hier volg die genomineerdes, asook die kategorie wenners;
BESTE AKTEUR
Edwin van der Walt 'n COCK & BULLshit storie
John Kani So ry Miss Daisy
Wessel Pretorius Die ontelbare 48
Dean-John Smith 'n COCK & BULLshit storie (WENNER)
BESTE AKTRISE
Anthea Thompson My briljante egskeiding
Jana Strydom Die vrou uit die see
Milan Murray Amper, Vrystaat
Sandra Prinsloo So ry Miss Daisy (WENNER)
BESTE REGISSEUR
Christiaan Olwagen So ry Miss Daisy
Nico Scheepers Amper, Vrystaat
Wessel Pretorius Die ontelbare 48
Marthinus Basson 'n COCK & BULLshit storie (WENNER)
BESTE AANBIEDING
Die ontelbare 48
'n COCK & BULLshit storie
So ry Miss Daisy
Amper, Vrystaat (WENNER)
ATKV-AARDVARK PRYS VIR GRENSVERSKUIWENDE WERK
My passie vir Jesus
Taxiteater
Kunssafari vir kinders en tieners (WENNER)
Show's Stories
-
4 truths all parents should acknowledge
These parenting truths aren't shared to make you feel bad or guilty, but...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 20 hours ago -
Traditional ironing in Egypt doesn't seem that sanitary
A real-life "ironing" man uses his mouth and some water to perform the s...
The Workzone with Alex Jay 20 hours ago