Kunstenaars by Aardklop Fees vereer

Kunstenaars by Aardklop Fees vereer

Kunstenaars in die Afrikaanse kunste bedryf is die afgelope naweek tydens 'n toekenningsgeleentheid by die Aardklop Nasionale Kunstefees vereer. 

Sandra Prinsloo
Supplied

Alexa Strachan, Aardklop feesbestuurder, het as seremoniemeester opgetree en is met 'n staande ovasie aan die einde van die bekroning toegejuig. 


Sy het by die geleentheid benadruk dat die Aardklop Nasionale Kunstefees trots is om stééds 'n bydrae tot die kunste te lewer.

 

Die wenners het elk 'n beeldjie ontvang wat deur die plaaslike keramiek kunstenaar, Gretchen Crots, gemaak is, asook 'n kontantprys. 

 

Hier volg die genomineerdes, asook die kategorie wenners;

 

BESTE AKTEUR

Edwin van der Walt         'n COCK & BULLshit storie

John Kani                             So ry Miss Daisy

Wessel Pretorius              Die ontelbare 48

Dean-John Smith             'n COCK & BULLshit storie  (WENNER)

 

BESTE AKTRISE

Anthea Thompson       My briljante egskeiding

Jana Strydom                     Die vrou uit die see

Milan Murray                     Amper, Vrystaat

Sandra Prinsloo So ry Miss Daisy (WENNER)

 

BESTE REGISSEUR

Christiaan Olwagen         So ry Miss Daisy

Nico Scheepers                 Amper, Vrystaat

Wessel Pretorius              Die ontelbare 48

Marthinus Basson            'n COCK & BULLshit storie (WENNER)

  

BESTE AANBIEDING

Die ontelbare 48

'n COCK & BULLshit storie

So ry Miss Daisy

Amper, Vrystaat (WENNER)

  

ATKV-AARDVARK PRYS VIR GRENSVERSKUIWENDE WERK

My passie vir Jesus

Taxiteater

Kunssafari vir kinders en tieners (WENNER)

Show's Stories