Kurt Darren se Kyrah word 2
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Kurt Darren, beter bekend as Kaptein, het verlede week sy dogtertjie se tweede verjaarsdag gevier.

Dit was 'n familie gedoente met Kurt, sy vrou Dunay, en hul seuntjie Kade, wat in Oktober gebore is, wat die vrolike partytjie beygewoon het.
Klein Kyrah is in 2014 gebore waartydens Kurt aan Jacaranda FM verduidelik het waar haar naam vandaan kom.
"Ons het gegaan vir 'n Bybelse naam. Die naam beteken noble lady," het hy gesê.
Kurt het dié tweet op die 10 de November 2014 geplaas:
My vrou is so braaf, sy is nou die mooiste maaaaaaaa!!! Baba dogtertjie gebore 12:26, 3,34kg. Dankie vir almal se gebede en liefde, Pappa!!
Nou is klein Kyrah reeds twee en baba-boetjie, Kade is amper twee maande oud.
Baie geluk aan klein Kyrah, mamma Dunay en Pappa, Kurt.



Show's Stories
-
WATCH: Cape Town restaurant earns elite pizza certification
We don't want to be too cheesy, but this is a big deal!
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
WATCH: SA reacts to Audi driver crashing in neighbourhood
"Audi drivers starting to act like Polo drivers."
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago