Kurt Darren tjoepstil oor sy nuwe liedjie
Updated | By MornéJK
Afrikaanse musiek se eie Kaptein, Kurt Darren stel oor die volgende paar weke sy langverwagte nuwe enkelsnit bekend.

Maar Kurt, wat onlangs laat glip het dat hy binnekort terugtrek Pretoria toe, wou nie veel oor die besluit om die Kaap agter te laat of sy nuwe enkelsnit uitlek nie.
"Al wat ek kan sê, is dit is 'n liedjie wat ek vir jou wil sing. Wat jy vir iemand anders wil sing. Wat ons almal vir mekaar wil sing," het Kurt tydens die Innibos bekendstelling in Mbombela aan MornéJK vertel.
Kurt vlieg elke week heen-en-weer vir vertonings en afsprake, en sê die reis maak dit moeilik om tyd met sy gesin te spandeer.
"Ek sien nie meer my kinders nie, en dit raak nou te veel," sê hy.
As dit kom by musiek, meen Kurt mens hou nooit op met skryf nie.
"As as 'n deuntjie of woorde in my kop opkom skryf ek dit neer en dan neem ek dit so gou moontlik op en bêre dit," sê hy.
Ons kan nie wag om te sien wat hy die keer oplewer nie!
Show's Stories
-
Chihuahua saves owner trapped in icy glacier hole
Don't judge a little lapdog by its size!
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Ed Sheeran showcases debut collection of Jackson Pollock-esque art
He's in love with shapes made with paint!
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago