Kurt Darren tjoepstil oor sy nuwe liedjie
Updated | By MornéJK
Afrikaanse musiek se eie Kaptein, Kurt Darren stel oor die volgende paar weke sy langverwagte nuwe enkelsnit bekend.
Maar Kurt, wat onlangs laat glip het dat hy binnekort terugtrek Pretoria toe, wou nie veel oor die besluit om die Kaap agter te laat of sy nuwe enkelsnit uitlek nie.
"Al wat ek kan sê, is dit is 'n liedjie wat ek vir jou wil sing. Wat jy vir iemand anders wil sing. Wat ons almal vir mekaar wil sing," het Kurt tydens die Innibos bekendstelling in Mbombela aan MornéJK vertel.
Kurt vlieg elke week heen-en-weer vir vertonings en afsprake, en sê die reis maak dit moeilik om tyd met sy gesin te spandeer.
"Ek sien nie meer my kinders nie, en dit raak nou te veel," sê hy.
As dit kom by musiek, meen Kurt mens hou nooit op met skryf nie.
"As as 'n deuntjie of woorde in my kop opkom skryf ek dit neer en dan neem ek dit so gou moontlik op en bêre dit," sê hy.
Ons kan nie wag om te sien wat hy die keer oplewer nie!
Show's Stories
-
A woman in her 40s: 'Mevrou Mevrou' share their experiences
What does the world expect from a woman in her forties?
Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago -
Warning for South African homeowners with boreholes
The South African government is coming after homes with boreholes.
Breakfast with Martin Bester 17 hours ago