Kurt Darren verwelkom baba seun
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Kurt Darren het gister 'n baba seuntjie ryker geword en die pienk voet se naam is Kade.

Kurt en Dunnay Nortjhe se eersteling, Kyrah wat in 2014 gebore is, het 'n kleinboet bygekry en twitter was aan die brand met gelukwense.
"Baie trots op my brawe vrou, pragtige babaseun gebore vanoggend [gister] om 08:10, 3,58kg en 51 lank, so geseënd!" het Kurt getwiet.
Volgens Huisgenoot het Kurt aan hulle vertel dat klein Kade gesond is.
"Hy is gesond, hy is beautiful en dit was net stunning," het Kurt aan Huisgenoot vertel.
Dunay is na berig word in 'n hospitaal in Kaapstad en sal na verwagting eers Vrydag ontslaan word sodat sy en baba kan huistoe gaan.
Baie trots op my brawe vrou, pragtige babaseun gebore vanoggend om 08:10, 3,58kg en 51 lank, so geseënd!! 😀😀😀@huisgenoot
— Kurt Darren (@KurtOfficial) October 4, 2016
Baie dankie jul awesome mense, ons waardeer almal se pragtige boodskappe!!
— Kurt Darren (@KurtOfficial) October 4, 2016
Baie dankie, ons waardeer! https://t.co/8mjigz2Z6k
— Kurt Darren (@KurtOfficial) October 4, 2016
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 7 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 7 hours ago