KYK: Ontmoet 'Boer Soek 'n Vrou' se top vyf-boere
Updated | By Jacaranda FM
Die gewilde kykNET-werklikheidsreeks, 'Boer Soek ’n Vrou', het hul top vyf-boere, wat vanjaar op ’n liefdesreis gaan, onthul.

Anders as tevore, kon voornemende pasmaats vir 'Boer Soek 'n Vrou' nie handafgelewerde briewe of pakkies vir die top 10 boere stuur nie - slegs digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, was vir die onlangse seisoen aanvaar.
LEES OOK: Boer Soek 'n Vrou: Wie is Lisa met die rooi hare?
'Boer Soek ’n Vrou' word vanjaar deur Marciel Hopkins aangebied en kykers was Donderdagaand aan die topvyf boere bekendgestel. Díe boere gaan oor die loop van die volgende paar weke op 'n soektog na liefde.
Hier is die topvyf:
Boer Niel
Niel is 33 jaar oud en is 'n vrugteboer in Grabouw in die Wes-Kaap.
Boer Richann
Richann is 30 jaar oud en is 'n skilderbokboer in vredefort in die Vrystaat.
Boer Albert
Albert is 25 jaar oud en is 'n Rooibos-, sitrus- en skaapboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap.
Boer Kobus
Kobus is 53 jaar oud en is 'n gemengde boer van Randfontein in Gauteng.
Boer Déan
Déan is 29 jaar oud en is 'n Macadamia boer in Mbombela in Mpumalanga.
Show's Stories
-
WATCH: Why women smell better than men
We're here to help you make 'scents' of this very interesting study!
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
Find out which official 'Superman' character playlist you are!
The most recent 'Superman' release has been making waves, and people hav...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago