kykNET se 'Suidooster' verwelkom nuwe akteurs

kykNET se 'Suidooster' verwelkom nuwe akteurs

Sepieverslaafdes kan uitsien na ’n paar nuwe gesigte in 'Suidooster.' Dié gewilde kykNET-sepie het bekend gemaak dat daar ’n handvol nuwe akteurs binnerkort hul verskyning in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar 'Suidooster' afspeel, gaan maak. 

Monique Rockman
Verskaf/ Monique Rockman

Só sluit Monique Rockman, wat verlede jaar in die kykNET-dramareeks 'Spreeus' te sien was en pas ’n Veertjie-toekenning daarvoor ingepalm het, permanent by 'Suidooster' aan. Monique gaan die rol van Joy vertolk en sal vir die eerste keer op 1 Junie in die sepie te sien wees.

“Joy bring lekker drama saam met haar na Ruiterbosch en nie almal in die gemeenskap gaan van haar hou nie, maar dit gaan Joy nie afskrik om vir haarself ’n lewe in die Kaap te begin nie,” vertel Monique.

“Om in Suidooster te wees, is wel ook ’n nuwe medium vir my, want ek het nog nooit in ‘n sepie voorheen gespeel nie. Ek geniet dit nogal om die tegnieke aan te leer.” 

Monique Rockman
Verskaf/ Monique Rockman

Nóg ‘n akteur wat sy sepieskoene aantrek is Marlo Minnaar wat van middel-Junie as Imraan te sien gaan wees. Marlo sê dat hy uitsien om deel van 'Suidooster' se storie-vertelling te word.

“Suidooster se karakters het die afgelope paar jaar diep in die harte van hul kykers gekruip omdat die stories, die intrige en drama ’n eg Kaapse geur het,”

Sy karakter is verlangs familie van “Mrs J” (Theresa Sedras) en hy daag in Ruiterbosch op vir ’n nuwe werksgeleendheid, maar daar is ook ’n onverwagse romanse op die horison. 

Marlo Minnaar
Verskaf/ Marlo Minnaar

Geon Nel sal ook binnekort in 'Suidooster' as Dr Freeman te sien wees, wat moontlik hoop vir Tyron (Maurice Paige), wat onlangs met ’n breintumor gediagnoseer is, gaan gee. 

Geon Nel
Verskaf/ Geon Nel

Show's Stories