Leah terg met lokprent vir haar nuwe musiekvideo, Volmaan
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Leah het die week aanhangers 'n voorsmakie gegee van haar nuwe musiek video vir Volmaan wat binnekort te sien gaan wees.

Haar nuutste enkelsnit, Volmaan het reeds die speellyste van verskeie radiostasies regoor die land met oemf getref.
Leah, wat bekendheid verwerf het vir haar rol in die Afrikaanse musiek-fliek, As Jy Sing, teenoor Bobby van Jaarsveld, het ook vanjaar vir die heel eerste keer by die KKNK opgetree.
Sy spog ook met nie minder nie as 4 nominasies vir die Ghoema Afrikaanse musiek-toekennings.
Sy het op haar amptelike webtuiste geskryf:
"Dis weer tyd vir die grootste Afrikaanse Musiektoekennings vir die jaar en ek is vir niks minder as 4, ja VIER toekennnings genomineer!!!! Dis die ongelooflikste gevoel en so vrek baie dankie vir ieder en elk se ondersteuning! Julle kan aanlyn stem by Ghoema of sms die volgende kodes (apart) na 39953, ek sal dit SO baie waardeer!!"
Sy is genomineer in die Bester Vroulike Kunstenaar kategorie, Nuweling van die Jaar, Beste Kontemporêre Album asook Liedjie van Die Jaar.
KLIEK HIER AS JY WIL STEM.
Show's Stories
-
WATCH: Cape Town restaurant earns elite pizza certification
We don't want to be too cheesy, but this is a big deal!
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
WATCH: SA reacts to Audi driver crashing in neighbourhood
"Audi drivers starting to act like Polo drivers."
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago