Lee Scott opsoek na die "Perfekte Vreemdeling"
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger Lee Scott droom oor die perfekte vreemdeling in sy nuwe enkelsnit in sowat twee jaar.

Hy hoop "Perfekte Vreemdeling" sal voortbou op die sukses wat hy reeds behaal het.
"Dit is definitief 'n love song en ek het help skryf aan hom so ek is baie trots," sê hy.
Bekende liedjieskrywers Roux Cloete, William Loots en Willem Botha het help skryf aan die ballade.
Lee meen hy het so bietjie van 'n nuwe rigting ingeslaan.
"Ek is 30 jaar oud en dit was tyd om 'n meer volwasse klank aan my aanhangers deur te gee," sê Lee.
Hy sê hy het inspirasie gevind in die mense rondom hom wat reeds die perfekte lewensmaat gevind het.
"Ek het gewonder of daardie leemte en verlange wel gevul is deur daardie persoon. Is dit ooit moontlik om die perfekte een te ontmoet en hoe lyk hierdie mens? Ek is ’n groot dromer en wou ’n liedjie skryf, waarvan die melodie, sowel as die lirieke, met die harte van luisteraars praat omdat hulle daarmee kan vereenselwig," vertel Lee.
Perfekte Vreemdeling is reeds op alle digitale platforms beskikbaar.
Show's Stories
-
The secret emojis Gen Zs are using and their meanings
Can you understand the meaning behind the emoji?
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago -
UNO is coming to Las Vegas casinos
Las Vegas is throwing out a wildcard!
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago