Len Muller stel nuwe album bekend
Updated | By MornéJK
Afrikaanse troebadoer Len Muller het sy jongste album, Oog Van Die Storm, bekendgestel.

"Ek het juis die titel gekies omdat dit 'n seisoen is waarin ek myself bevind. Die seisoen wat ek tans beleef is een van geestelike en emosionele storms, en die oog in die middel bring windstilte," sê hy.
Muller is bekend vir sy lirieke en unieke klanke en hy sê dat hy homself elke keer druk om beter musiek te maak voordat hy 'n nuwe album uitbring.
"Dis Afrikaanse akoestiese musiek met niks sinteties nie. Wat is die doel daarvan om 'n album uit te bring as jy nie jouself verbeter nie," meen Muller.
Hy sê dit is belangrik om te groei as musikant. Dit het hom net bietjie meer as twee jaar geneem om die nuwe musiek te skryf.
"Ek het direk na die eerste album begin skryf en ek dink enige kunstenaar is senuweeagtig om te hoor hoe sy of haar nuwe musiek ontvang gaan word," sê Muller.
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 8 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 9 hours ago