Liefling: Die Musiekblyspel

Liefling: Die Musiekblyspel

Die suksesvolle musiek-fliek, "Liefling" is aangepas vir die verhoog en is tans op die planke by die Pretoria Staatsteater

Liefling-Staatsteater-Poster-Final-1MB-Medium.jpg
Die suksesvolle musiek-fliek, "Liefling" is aangepas vir die verhoog en is tans op die planke by die Pretoria Staatsteater
 
"My hart behoort nou net aan jou, Liefling net aan jou..."
 
"Liefling die Musiekblyspel" is 'n asemrowende produksie wat jou meevoer na 'n plek waar liefde regeer - weg van jou allerdaagse probleme, weg van die koue winteraande. Bobby van Jaarsveld vertolk die manlike hoofrol van "Jan" met absolute oortuiging en meen teater is 'n nuwe uitdaging vir hom.
 
"Ek het 'n nuwe liefde vir teater ontdek en sal graag meer teater werk in die toekoms wil aanpak," het die sanger aan Jacatainment gesê.
 
Met sy gespierde lyf, goot glimlag en glinster in sy oë betower hy die gehoor met bekende liedjies soos "Spieëltjie" en "Liefling".
 
Nuweling, Liza Bronner vertolk die vroulike hoofrol van "Liefling" nadat sy die kykNET realiteitsprogram, Jy Is My Liefling gewen het.
 
Daar is 'n ooglopende vonk op die verhoog tussen Bobby en Liza, wat die produksie soveel meer geloofwaardig maak.
 
Nog 'n aktriese wat kop bo skouers uitstaan is Marlee van der Merwe wat die rol van Melanie Von Staden met passie en komieklike deurnis aanpak. Melanie is die feeks in die verhaal wat versot is op Jan (Bobby van Jaarsveld).
 
Marlee meen die rol van Melanie is jou tipiese "bubble head" meisie.
 
"Sy kom van Pretoria-Oos af, maar wil hê almal moet dink sy is 'n Sandton-meisie," se Marlee.
 
"Liefling, die Musiekblyspel" is een van die beste produksie wat ek in 'n lang tyd gesien het met outentieke stelle, verskeie verrassings-elemente en boonop lekker saamsing-musiek.
 
Dit is beslis die moeite werd om die lang winteraande lekker warm te maak vir die hele familie.
 
Liefling is op die planke tot die einde Junie.
 
 
Report by MornéJK

Show's Stories