Liewe Heksie is terug!

Liewe Heksie is terug!

Lefra Produksies bring 'n splinternuwe "Liewe Heksie" verhoogproduksie Emperors Palace toe!

hqdefault_3.jpg
Lefra Produksies bring 'n splinternuwe "Liewe Heksie" verhoogproduksie Emperors Palace toe!
 
Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels is vanjaar 80 jaar jonk en glo dit as julle wil, Liewe Heksie is vanjaar 50 jaar oud, maar Heksie word mos nooit ouer nie.
 
Lefra Produksies toer reeds die afgelope drie jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies. Om Verna se verjaarsdag te vier, het regisseur Frans Swart vir Verna oortuig om 'n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf.
 
So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore - Liewe Heksie en die Tuindwergie.
 
"Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie 'n tuindwergie ontmoet," sê Verna "en wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen.  En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom!  Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met die Casper, die tuindwergie aan."    
 
Frans Swart, regisseur van Liewe Heksie sê hy is baie opgewonde dat Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het.
 
"Liewe Heksie het deur die jare so 'n groot invloed op my lewe gespeel, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse. Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse. Dit is vir my 'n besondere eer om LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE op te voer en dis so besonders, want dis 'n vars en splinternuwe storie," sê Swart.  
 
Liewe Heksie toer tans die land vol. Meer inligting by www.lieweheksie.com
 
 

Show's Stories