Lokprent: Hoener Met Die Rooi Skoene
Updated | By MornéJK
Die amptelike lokprent vir die nuwe Koos Roets film, Hoener Met Die Rooi Skoene, is pas bekendgestel.

Dis nie 'n kinderstorie of 'n feëverhaal nie. Ook nie 'n drama nie, maar 'n deur die bekende filmmaker, Koos Roets.
Lizz Meiring is te sien in die rol van Bonnie van der Byl in die riller-komedie wat jou tone sal laat krul en sê die karakters is uniek, oorspronklik en magies.
"Die film is net so fassinerend en eksentriek soos die onontdekte, juweel dorpie waar ons verfilm het- Klaarstroom, weggesteek in die hart van die Klein Karoo," meen Lizz.
Bonnie is 'n ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap.
Terwyl sy een aand weer lustig voorklets op die foon, vermoor iemand haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario Du Toit de Waal (Deon Lotz).
En midde in dié storm van verdagmakery en beledigings verskyn die baas se 'lyk' dan weer skielik perdfris en gesond op die toneel.
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 4 hours ago