LOKPRENT: Hollywood In My Huis

LOKPRENT: Hollywood In My Huis

Hollywood in my Huis spog met drie kykNET Silwerskermfees toekenings vir Kenners keuse, Gehoor-gunsteling en Gehoor-gunsteling aktrise en sal vanaf 26 Junie 2015 in fliekteaters begin draai.

himh.jpg

Hollywood in my Huis gaan oor twee wêrelde - die mense aan die verkeerde kant van die spoorlyn en hulle ryk teenpole - maar dit gaan ook oor die fantasiewêreld waarin Jana leef. 


Hoewel Hollywood in my Huis 'n lighartige en prettige gesinrolprent is, het die uitdaging van die storie daarin gelê om 'n balans tussen die ligter en donkerder elemente te handhaaf.


Die rolprent is hoofsaaklik in Vasco en by die Brackenfell Hoërskool geskiet. Sekere tonele is egter by Fisantekraal, Observatory en in die Kaapstad-omgewing verfilm.


Skrywer & Regisseur: Corne van Rooyen
Vervaardigers:    Dylan Voogt en Saskia Schiel
Uitvoerende Vervaardigers: Vlokkie Gordon, Jan du Plessis en Karen Meiring
Medeskrywer & Medevervaardiger: Rene van Rooyen



- Persverklaring

Show's Stories