Marion Holm ondergaan breinoperasie

Marion Holm ondergaan brein operasie

Afrikaanse komediant en aktrise, Marion Holm het vandeesweek 'n brein operasie ondergaan om 'n gewas uit haar breinvlies te verwyder. 

Marion Holm
Facebook

Holm het ook die week haar hart uitgestort oor haar stryd met borskanker wat sy onlangs oorwin het en sê sy soek nie simpatie nie.


In facebook inskrywing het Holm verduidelik dat sy vroeg gediagnoseer is en dus kon hulle die kanker uitsny sonder dat sy 'n mastektomie moes ondergaan.


"Ek het borskanker gehad. Maar dit was so klein en so vroeg opgetel, dat dit net uitgesny is en ek net bestraling gekry het. Ek het nie 'n mastektomie gehad nie en ek het nie chemoterapie gekry nie," het sy op facebook geskryf.


KLIEK HIER VIR MEER VERMAAKLIKHEIDSNUUS.

Sy voer aan dat daar ander vroue is wat eerder die aandag en simpatie moet kry weens hul enorme stryd teen kanker.


"Ek wou nie simpatie hê of aandag trek nie. Daar is vroue wat dubbele mastektomies moet kry en deur erge chemo moet gaan. Húlle verdien aandag," skryf sy.


Sy verduidelik ook dat sy weens swak sig met 'n brein gewas diagnoseer is.


"Ek het gegaan vir 'n oogtoets om 'n nuwe bril te kry, omdat my linkeroog so verswak het. Toe stuur die optometris my na 'n oogspesialis en die stuur my vir 'n MRI en daar sien ons toe ek het 'n "meningioma". Dis die Engelse woord wat in Afrikaans beteken ek het 'n breinvliestumor wat op die senuwee en bloedtoevoer van my linkeroog druk," verduidelik Holm.


Haar vertonings vir die res van die jaar is gekanselleer en sy sal vroeg volgende weer op die planke wees.

Show's Stories