Marno van der Merwe se nuwe enkelsnit
Updated | By MornéJK
Die veelsydige vermaakkunstenaar, Marno van der Merwe se eerste enkelsnit word dié maand uitgereik en so word net nog 'n droom bewaarheid.
31-jarige Marno is 'n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met talle verhoog-, TV- en fliekrolle op sy kerfstok en het tot onlangs nog kykers in die kykNET-reeks Sterlopers vermaak.
Hy is ook te sien in die Anglo-Boereoorlog fliek, Modder en Bloed wat tans in teaters draai.
Nou volg sy eerste solo-album, O My Liefde, wat later in 2016 uitgereik sal word.
"Dit bestaan uit lekker-luister-musiek wat mense emosioneel sal raak," verklap Marno. Hy en die musiekvervaardiger Harshin Reddy het saam hieraan gewerk, geskryf en opgeneem. Die eerste enkelsnit getiteld Uitverkoop aan ons sal vanaf die 7de April oor die luggolwe gehoor kan word.
Marno meen elke mens moet sy eie, unieke liefdesstorie voortdurend koester.
- Press Release
Show's Stories
-
What do you owe after achieving success?
Many people work hard to succeed in business. But once you get there, wh...
Elana Afrika-Bredenkamp 4 hours ago -
Do you remember these nostalgic things from your childhood?
We are taking it back in time with these iconic things from the past.
Breakfast with Martin Bester 5 hours ago