Martin Bester stel nuwe enkelsnit bekend

Martin Bester stel nuwe enkelsnit bekend

Radio persoonlikheid en Afrikaanse sanger Martin Bester het pas sy derde enkelsnit, Sterre bekend gestel. 

Martin-Bester.png

Sterre is geskryf deur bekroonde liedjieskrywer, Johan Vorster en is deur Inhoco Music vrygestel.


Volgens 'n persverklaring handel die liefdesliedjie oor daardie gevoel wat jy kry wanneer jy vasgehou word en jy weet jy hoort.


"Jy hoef nie meer te wonder nie, jy hoef nie meer te soek nie, want jy weet net, jy kan dit voel," sê die verklaring.


Sy enkelsnitte, "Ou Spoor" en "Wat Weet Ek Tog" het lugtyd geniet op talle radiostasies regoor die land. Sy nuwe Afrikaanse album is ook oppad.


VIR MEER VERMAAK, KLIEK HIER.

Show's Stories