AS: 'n Verhoogproduksie met vleis

AS: 'n Verhoogproduksie met vleis

AS is 'n verhoogproduksie wat teater liefhebbers 'n kykie gee na die lewe van twee weeskinders, Asjas en Aster, 'n boetie en sussie wat op 'n 'scrapyard' bly. 

AS
Supplied

Alles in die lewe kom net 'n prys, die huur moet betaal word aan Pottie, die grillerige, bombastiese eienaar van die 'scrapyard'. 


Die realiteit is oor die algemeen als behalwe 'n feeverhaal, Asjas het geheuverlies en Aster probeer met alles in haar om kop bo water te hou. Wat as jy een wens gehad het, sou jy wou ontsnap al was dit om eerder in Aspoester se skoene te wees? As dit maar net só maklik was...


Teks, regie en konsep is deur bekroonde skrywer, akteur, regisseur én vervaardiger Jannes Erasmus behartig, terwyl beligting en stelontwerp deur meesterbrein Wilhelm Disbergen gedoen is.


Jannes sê teater het 'n verantwoordelikheid om maatskaplike kwessies aan te raak asook om mense te inspireer.

Ster belaaide rolverdeling:


Asjas: 

Deànré Reiners (bekroon as beste film akteur in 2015; Seun, Mignon Mossie van Wyk, Verskietende Ster)


Aster: 

Zöricke Snyman (Woordfees aktriese STIL, Fellies and Feathers, Derde Verdieping ens)


Aspoestertjie: 

Shannay O'Brien (Idols top 15 en enigste 'drag gueen' wat al op Idols 'n 'golden ticket' ontvang het.


Pottie: 

Sebastian Schütte (Internasionale Mediese Dokter en stigter van die liefdadigheidsorganisasie PANDACREW.)

AS
Supplied
AS
Supplied

Show's Stories