Neil Somers reik nuwe musiekvideo uit
Updated | By MornéJK
Neil Somers se splinternuwe musiekvideo, Silwer Kombers, is pas hierdie naweek bekendgestel en is vervaardiger deur Christian Botha van Brickwolf Productions.

Die lied gaan oor iemand wat sterf, maar die video verwys meer na iemand wat aanbeweeg na ‘n “nuwe lewe”.
Met sy kenmerkende diep stem word sy album Hierdie Hande as hoendervleismooi beskryf en is ook onlangs vir ‘n SAMA benoem in die kategorie Beste Kontemporêre Album.
Die amptelike 2016 SAMA Toekenningsgeleentheid vind plaas op 4 Junie in Durban, waartydens Neil ook sal optree.
Die album is ‘n mengsel van roerende lirieke en aangrypende melodieë, wat nie net in jou kop kom vassteek nie, maar jou ook onwillekeurig sal laat saam neurie.
Anders as sy eerste album, Anderkant Atlantis, is Hierdie Hande minder ernstig, maar die musiek kry dit steeds reg om diep binne in jou hart te kom nesskop.
“Ek dink ons het dit reggekry om ’n lekker balans tussen diep rustige en lekker kuiermusiek te skep."
- Persverklaring
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 20 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 20 hours ago