'Net 'n onderwysertjie' - Sanger Appel salueer hardwerkende onderwysers

'Net 'n onderwysertjie' - Sanger Appel salueer hardwerkende onderwysers

Na 'n aanmerking op kykNET se realiteitsreeks, 'Die Real Housewives van Pretoria', deur een van die vroue, het die sanger Appel elke "hardwerkende" onderwysers geprys.

Mel Viljoen
Instagram/ Mel Vijoen

In 'n episode van 'Die Real Housewives van Pretoria, het entrepreneur Mel Vijoen 'n aanmerking gemaak oor onderwysers, wat Suid-Afrikaners warm onder die kraag het. 

Viljoen, wat ook Tammy Taylor Nails besit, het kommentaar gelewer oor een van die ander vroue, Rhona Erasmus, se man, wat 'n onderwyser is. 

"Haar man is net 'n onderwysertjie."

LEES: Ontmoet die ses vroue van 'Die Real Housewives van Pretoria'

Sy het bygevoeg dat hy nie vir haar die lewe sal kan gee wat sy graag wil hê nie.

Die 'Nonna'-sanger, Appel, was ook geskok met die aanmerking en het onderwysers op sy Instagram-blad geprys. 

"Aan elke hardwerkende onderwyser, ambagsman of was volgens Tammy Taylor Nails South Africa se eienaar nie goed genoeg is nie, ek salueer julle.

"Mag jy nooit skaam kry vir wie jy is of wat jy doen om aan die lewe te bly nie," het hy bygevoel. 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories