'Ons is ongelooflik close': Hier's Ruan Smith se wingman
Updated | By Jacaranda FM
Rugbyster Ruan Smith is op soek na liefde, en die persoon wat hom gaan help om die ideale vrou te vind, is die een wat die naaste aan hom is...

Wat is 'n wingman? Dis daardie een persoon wat jou ken op jou beste én slegste; die een wat jou gaan aanmoedig om jou hart te volg, maar jou ook reguit gaan sê as jy besig is om jou kop te verloor. Iemand wat eerlik is, lojaal is en daar is as dinge moeilik raak. Vir Ruan Smith is daardie iemand nie net 'n vriend nie – dit is sy identiese tweelingbroer, JP Smith.
LEES: Mej. Suid-Afrika Mia le Roux verloof!
In die nuwe seisoen van kykNET se gewilde realiteitsreeks 'Op My eish!', sal JP sy broer as vertroueling en klankbord bystaan terwyl Ruan liefde soek voor die kameras.
"Dis 'n absolute eer. Dit is awesome,” sê JP. 'Ons is ongelooflik close en ken mekaar goed. Dis vir my 'n nuwe uitdaging. So, dit gaan interessant wees. Ek en Ruan het al baie saam deurgemaak – moeilike én goeie tye. So, ek weet wat is die beste vir hom. Ek gaan eerlik wees soos altyd. Ek het sy beste belange op die hart," sê hy.
Die twee broers het nie net 'n hegte band nie, maar ook ’n indrukwekkende geskiedenis saam op die rugbyveld. JP het in sy loopbaan vir spanne soos die WP (2010), die Brumbies (2014–2015), Canberra Vikings, Stormers (2016), Reds (2018–2020), LA Giltinis (2021) en die Lions (2021–2024) uitgedraf. Hy en Ruan het, onder meer, saam vir die Brumbies, Reds en Lions gespeel. Deesdae bestuur hulle saam ’n rugbykliniek, Eight7, waar hulle jong talent help ontwikkel.
LEES: Mel en Peet Viljoen verhuis na Miami
JP weet presies waarna Ruan op hierdie stadium in sy lewe soek: stabiliteit, opregtheid en iemand wat gemaklik is in eenvoud.
"Ruan soek iemand wat rustig is – nie iemand wat heeltyd op pad of bedrywig moet wees nie. In ons loopbane was ons baie besig en het min tyd vir onsself gehad. So, iemand wat tyd by die huis waardeer, is vir hom belangrik. Nie 'n high-maintenance persoonlikheid nie – net iemand wat gemaklik is in normale, rustige tye."
LEES: Karlien van Jaarsveld se reis deur rebellie, liefde, verlies en geloof
Maar dit gaan nie net oor gemak nie. JP glo Ruan het 'n maat nodig wat selfstandig en familie-geörienteerd is. “Hy wil nie iemand hê wat verwag hy moet álles doen nie. 'n Verhouding gaan oor saam bou – nie net in een rigting gee nie. Ja, dis belangrik dat 'n man sy rol speel, maar dit moet wedersyds wees."
Op die vraag hoe hy weet wanneer Ruan regtig verlief is, antwoord JP sonder om te huiwer: "As hy opofferings maak in sy daaglikse lewe vir iemand, dan weet jy dis ernstig. Hy gee nie maklik daardie deel van homself prys nie. So, as hy begin aanpas vir iemand, beteken dit baie."
LEES: Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
"Ruan is eintlik ’n baie sagte ou," sê JP. "Hy sit sy guard op, veral in nuwe verhoudings, maar as jy hom leer ken, is hy 'n ongelooflike lojale omgeemens. Ek hoop mense sien daardie kant van hom in die reeks – nie net die sterk rugbyspeler nie, maar die groot teddiebeer wat hy rêrig is."
En as jy bekommerd is jy gaan die twee op die skerm verwar?
"Ons is baie dieselfde, maar ons persoonlikhede is ook effens verskillend. Jy sal dit begin raaksien. En as daar enige verwarring is – ek is die slimmer een," sê JP met 'n lag.
Hy glo 'Op My Eish!' bied 'n unieke geleentheid vir sy broer: "In vandag se lewe is 'n mens so besig dat dit al moeiliker raak om liefde op ’n natuurlike manier te vind. Hierdie reeks gee hom die kans om homself oop te maak, om weer te probeer. En as ek 'n klein deel van daardie reis kan wees – dan is ek daar."
Inskrywings vir die nuwe seisoen van 'Op My Eish! is tans oop op kykNET.tv. Inskrywings sluit op 2 Augustus 2025.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 7 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 7 hours ago