Opsoek na liefde? Skryf in vir 'Boer Soek 'n Vrou'

Opsoek na liefde? Skryf in vir 'Boer Soek 'n Vrou'

Vir bykans twee dekades reeds bewys kykNET se gewilde maatsoekreeks 'Boer Soek 'n Vrou' dat dit ongetwyfeld 'n liefdeswenresep is. Tientalle Suid-Afrikaanse boere het sedert 2007 die liefdes van hul lewe danksy dié gewilde maatsoekreeks gevind.

Marciel Hopkins
Verskaf/ kykNET

Só het die 15de seisoen wat vroeër vanjaar op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai is, vir drie van die top-vyf boere liefde besorg.

Vandag blom die liefde behoorlik vir Louis B, terwyl Hennie en Eloïse, asook Francois en Vanessa, verloof is. Boonop het Francois en Vanessa onlangs die trotse ouers van 'n pragtige babaseuntjie geword. 

Borrelende Marciel Hopkins, gesoute 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder, sê dit is vir haar ’n reuse voorreg om 'Boer Soek 'n Vrou' vir 'n vierde seisoen aan te bied.

"Ek is elke jaar van vooraf opgewonde oor al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet, die mooi plekke van ons land wat ek sal sien en natuurlik ook die pragtige liefdesstories wat geskryf gaan word.

 "Die afgelope 15 seisoene het reeds bewys hoe mense se lewens wesenlik kan verander wanneer hulle die regte persoon vind om die lewe vorentoe mee aan te pak.

"'Boer Soek 'n Vrou' is 'n wonderlike platform waardeur jy nuwe mense kan ontmoet en leer ken. Ek sal enigiemand aanmoedig om braaf te wees en in te skryf vir hul kans op liefde.

"Vir my lê die sukses van die reeks deels daarin dat daar genoeg tyd is vir deelnemers om mekaar beter te leer ken. Dit help wanneer belangrike toekomsbesluite geneem word," sê sy. 

"Ek glo met my hele hart in 'Boer Soek 'n Vrou' se potensiaal om die liefde te laat blom en dit maak my werk vir my lekker en opwindend." 

En, nou soek kykNET 'n nuwe oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 16de seisoen.

Só kan boere inskryf:

Belangrike inligting:

  • Foto's en afskrifte van geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 7 September 2023 bereik.
  • Die top-tien boere vir die 16de seisoen sal op 29 Oktober tydens 'n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
  • Die 16de reeks sal van 11 Julie 2024 oudergewoonte op Donderdae om 20:00 op kykNET uitsaai.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories