Oubaas: 'n Sepie is nie 'n sake onderneming nie

Oubaas: 'n Sepie is nie 'n sake onderneming nie

Veteraan akteur Pierre van Pltezen het aan Jacaranda FM se Breakfast with Martin Bester and Tumi Morake vertel dat hy sonder rede afgedank is.

image never have i ever oubaas

Volgens van Pletzen, wat al jare lank die rol van Oubaas vertolk, weet hy self nie hoekom sy 7de Laan karakter uitgeskryf word nie.


So hoekom is Oubaas weg?


"Ek weet nie. Dit sal jy vir hulle moet gaan vra. Hoekom bel jy hulle nie sommer nou nie," het hy aan Martin en Tumi gesê.

Hy sê produksiebase het sy karakter, Oubaas, oor die afgelope drie jaar minder begin gebruik terwyl sy dienste as regiseur ook afgeneem, en toe heeltemal gestaak is.


"Ek is in stadia van ontslae geraak en as ek eenkant staan dan wonder ek hoe hulle ontslae kon raak van een van die 'assets' van 7de Laan?"


Van Pletzen sê produksiebase het 3 jaar gelede begin om minder van sy dienste gebruik te maak waarna hy as regiseur afgedank is.


"Ek gee nie om as jy my 'fire' nie, maar gee my 'at least' wettige kennis," sê van Pletzen.

Hy sê finansieel gaan dit nie goed nie en moes hy en sy vrou Sandra Vaughn hulle huis in Pretoria in die mark sit.


Hy skryf die skielike afdanking toe aan besigheidsbesluite deur produksie base, maar meen die kunste kan nie as 'n sake onderneming bestuur word nie.


"Die adminisitratiewe besluite wat jy neem het 'n groot impak  op die produk en jy kan nie kunste soos 'n besigheid bestuur nie. Dit werk nie. Lewer eers 'n kwaliteit produk en dan porbeer jy die produk verkoop," vertel hy.

Show's Stories