PRAGFOTO'S: Demi Lee sing by Esti en Rickus se troue

PRAGFOTO'S: Demi Lee sing by Esti en Rickus se troue

André Lötter wat die rol vertolk van Rickus Welman in '7de Laan' gesels oor sy sepie-troue met Reandi Grey, wat die rol vertolk van Esti Fouché.

7de Laan
Verskaf/ 7de Laan

In Donderdagaand se episode van '7de Laan' het Esti Fouché (Reandi Grey) en Rickus Welman (André Lötter) hul liefde aan mekaar beloof. 

LEES: Tannie Evita Bezuidenhout spog met nuwe haarstyl vir 85ste verjaarsdag

Na Esti se verhouding met Marko Greyling (Francois Lensley) nie uitgewerk het nie, het sy liefde in die arms van Riekus Welman gevind. Toe Rickus vir Esti beter leer ken het, het hy geweet sy is die vrou vir hom. 

Die sepie-paartjie het hul liefde gevier met 'n intieme troue en die bekende sangeres Demi Lee Moore was een van die gaste. 

André Lötter gesels oor hul sepie-troue. 

"'n Troue in 'n sepie is altyd opwindend. Omdat dit so intiem en klein was, was dit makliker om te skiet. Mens kon baie meer in die moment bly."

Volgens Lötter is dit is 'n storie van twee mense wat deur moeilike tye kom - en liefde gevind het. "Ten spyte van alles, het hulle twee by mekaar uitgekom en kon liefde aan mekaar verklaar."

"Ek het laat uitgevind dat Demi Lee Moore deel gaan wees van die troue - toe ek uitvind wat ek baie opgewinde. Ek is 'n groot fan!

7de Laan
Verskaf/ 7de Laan
7de Laan
Verskaf/ 7de Laan
7de Laan
Verskaf/ 7de Laan
7de Laan
Verskaf/ 7de Laan

Show's Stories