Refentse goud binne twee maande
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger Refentse Morake se nuwe album, Deur My Venster, het binne slegs twee maande goue status bereik.

Dit beteken dat meer as 15 000 eenhede van dié album verkoop is.
Refentse se vorige album, My Hart Bly In 'n Taal, het reeds dubbel platinum status bereik. Hy het ook die jaar tydens die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings met die louere weggestap vir Album van die jaar, Digitale album van die jaar, 'n Ere-toekenning vir beste verkoper en Manlike kunstenaar van die jaar.
"Ek kan dit nie glo nie, jissie julle," het hy aan Jacaranda FM vertel toe die goue sertifikaat aan hom oorhandig is.
Refentse sê ten spyte van al die toekennings, leef hy bloot sy passie uit.
"'n Mens probeer woorde kry om te sê hoe diep dit jou raak om te weet dat jy jou passie kan uitleef, dat jy in jou hartstaal kan sing oor dinge wat jy dink en voel en dat dit in tienduisende ander se siele resoneer", sê Refentse.
Show's Stories
-
WATCH: Hollywood celebs you didn't know have SA heritage
This list excludes obvious names like Trevor Noah or Charlize Theron.
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
Fishy fan theory connects 'Jaws' to 'Finding Nemo'
There could be a familial connection between two iconic films...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago