Refentse se album nou trippel-goud
Updated | By MornéJK
Refentse, se debuut album "My Hart Bly In 'n Taal" het trippel-goue status bereik.

Die 19-jarige Refentse het 'n internet sensasie geword, nadat 'n video van hom op sosiale media gesirkuleer is, waarin hy verskeie Afrikaanse liedjies sing.
Select Musiek het dié talentvolle sanger 'n platekontrak aangebied en die res is geskiedenis.
Daar is op 17 November bevestig dat meer as 46 000 albums reeds verkoop is sedert die bekendstelling in April verlede jaar.
LEES OOK: Dozi and Refentse sing 'Ou Ryperd'
"Dit is 'n merkwaardige mylpaal, veral vir 'n debuut album," sê Select Musiek in 'n verklaring.
"Trippel goud is 'n onbeskryflike voorreg en ek is dankbaar vir elke hand wat my van kleins af gebring het tot waar ek nou is, en ook in besonder vir diegene wat die musiek wat ons maak ondersteun, inneem en waardeer, " sê Refentse.
Show's Stories
-
LOOK: SA gaming studio releases new "Tomb Raider"-style game
What do you get when you combine adventure, elaborate heists and Robin H...
The Drive with Rob & Roz 54 minutes ago -
WATCH: SA reacts to US woman finding "ugly" city
Do you agree with what she found?
The Drive with Rob & Roz an hour ago