Rock nou 'n instelling by Innibos

Rock nou 'n instelling by Innibos

Suid-Afrika se top rock-bands gaan vanaand die skare by die innibos fees op hulle voete hê tydens die KykNet Nou konsert.

Francois van Coke

Arno Carstens, Hemelbesem, Matthew Mole, Majozi en Francois Van Coke is vanaand op die hoofverhoog.


Die fees se Sandra Jacobs sê die rock-konsert op Donderdae het nou ‘n instelling geword.


“In die verlede het ons gesukkel om die resep reg te kry vir Donderdae maar die rock-konsert is beslis ‘n wenresep,” meen sy.


Francois Van Coke sê dis lekker om rockers op die hoofverhoog te hê en voor duisende mense op te tree.


“Ons was altyd daar vêr in ‘n hoekie so dis lekker om die hoofverhoog uit te rock!” sê van Coke.


Show's Stories