Sandra Prinsloo en Marius Weyers werk weer saam

Sandra Prinsloo en Marius Weyers werk weer saam

Die Suid-Afrikaanse film Twee Grade Van Moord sien vir die eerste keer in dekades die geliefde akteurs, Sandra Prinsloo en Marius Weyers, saam op die grootskerm.

Sandra Prinsloo en Marius Weyers
Full Faculty Films

Die film speel af in die Kaap met die bekende regisseur, Gerrit Schoonhoven, aan die stuur daarvan.

 

Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), is ‘n bekende Kaapstadse sielkundige met ‘n topverkoper boek, Liefde Maak Nie Seer Nie, wat haar intellektuele standpunt oor die liefde onderskryf, alhoewel haar lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers) dit weerspreek. 


Hul enigste kind, Christiaan (Roelof Storm), was geforseer om in sy grootword jare baie staat te maak op die liefde van sy “tweede Ma”, die lojale huiswerker, Fy Abrahams (Shaleen Surtie-Richards).

 

Aleksa onderneem om deel te wees van ‘n dokumentere realiteitsreeks waarin daar gefokus word op haar terapeutiese werk onder vrouens wat liefde met pyn verwar en een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronje), stem in om die proef-konyn te wees.  


Ben kry ‘n masiewe hartaanval en Tanya kom terselfdertyd by Aleksa se huis aan met die nuus dat sy haar kêrel tydens ‘n geweldadige argument vermoor het. 


Aleksa besef dat sy Tanya se emosionele toestand heeltemal onderskat het en op dieselfde tyd deel Ben haar mee dat hy ‘n belangrike besluit oor sy eie toekoms en lewe gemaak het.

 

Soos wat die verhaal vorder word Aleksa geforseer om haar eie integriteit te bevraagteken en ook haar bereidwilligheid oor wat sy sal op offer vir die vir wie sy lief is. Op die ou einde moet sy die vraag antwoord: “Wat sal die liefde doen?”   “Prinsloo en Weyers as twee talentvolle akteurs wat skyn in hierdie komplekse rolle om die ware en moeilike natuur van liefde op die silwerdoek te vertolk”, sê Helen Kuun, Besturende Direkteur van Indigenous Film Distribution.  Vervaardiger Barry Strick sê:  “Hulle het in nog net vier films saam verskyn, waaronder die bekende ‘The Gods Must Be Crazy’ in 1981. Die laaste keer wat hulle saam in ‘n film gespeel het was in 1989, wat ‘Twee Grade Van Moord’ ‘n langverwagte reünie van die twee uitmuntende akteurs maak, ‘n mylpaal in Suid-Afrika se filmgeskiedenis”.

 

Die fliek sluit ook ander plaaslike gunsteling akteurs in soos Shaleen Surtie-Richards, welbekend vir haar hoofrol in die 1988 vollengte film ‘Fiela se Kind’ en as Ester (Nenna) Willemse in the M-Net sepie ‘Egoli: Plek van Goud’. 

 

- Persverklaring

Show's Stories