Sandra Prinsloo terug op die verhoog
Updated | By MornéJK
Veteraan aktrise en koningin van die verhoog, Sandra Prisnlo keer terug op die 6de September met ’n produksie genaamd Oskar en die pienk tannie.

Die verhoogstuk het reeds uitstekende terugvoering ontvang en beloof om gehore van vooraf te bekoor.
Geskryf oor die stuk:
"Elke nou en dan, min of meer een maal per jaar, gebeur ’n teaterstuk wat ’n mens nie durf misloop nie. Die soort teaterbelewenis wat by jou steelkant verbyglip en jou total ontredder. Wat nie talm of trane trek nie. Wat jou vinnig twee keer laat kyk, vinnig oor jou skouer laat kyk. Wat jou oorrompel met ’n verpletterende besef van die fragiliteit en vlugtigheid van die lewe, van die kosbaarheid van oomblikke. Wat sorg vir ‘theatre magic’, losweg vertaalbaar as hoendervleis. Só ’n stuk is Oskar en die pienk tannie."
ALSO READ: Tobie Cronje is back in "My Fat Friend"
Die verhoogstuk vertel die verhaal van ’n 10-jarige seuntjie wat terminaal siek is met Prinsloo wat weereens skitter met 'n kragtoer wat nie pluk aan die hartsnare nie, maar met 'n delikate insigte lewer oor grootmense, die liefde, hormone, God en dood.
Oskar en die pienk tannie, wat bekroon is met KKNK Kanna-toekennings vir beste produksie, regie, en toneelspel, sal tot 25 September by die Pieter Toerien Teater by Monte Casino op die planke wees.
Show's Stories
-
Woman shows us her talent that involve tongs
When you approach things with a multipurpose mindset, you begin to see o...
The Workzone with Alex Jay 21 hours ago -
Weekend fun awaits at Tres Jolie Restaurant and Party Venue
Enjoy a weekend of family fun with carnival rides, pony rides, and a jum...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 21 hours ago