Simoné Nortmann skitter in "Vir Die Voëls"

Simoné Nortmann skitter in "Vir Die Voëls"

Aktrise, Simoné Nortmann is te sien in die nuwe Afrikaanse periode-drama, Vir Die Voëls, wat in die 1970's afspeel. 

Simone Nortmann
Jacaranda FM News

Vir die Voëls is gebaseer op die ware verhaal van Irma Humpel, 'n korrelkop-rabbedoe wat in 'n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het.


Tot kort tevore was sy vasbeslote dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk, wat deur Francois Jacobs vertolk word, haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag.


Simoné Nortmann het in 2008 aan Hoërskool Centurion gematrikuleer waarna sy haar studies begin het aan die Universiteit van Stellenbosch en in 2012 gegradueer het met 'n BDram graad in Teaterstudies onder leiding van die gesoute teaterregisseur, Marthinus Basson.

Sy het in 2013 na Johannesburg verhuis toe sy haar eerste groot rol in 7de Laan losgeslaan het en in 2014 het sy die toekenning vir Beste Nuweling by die Royalty Soapie Awards ontvang vir hierdie rol wat sy tot en met 2015 vertolk het.


Sy het al in verskeie televisieprogramme, twee musiekvideo's en die bekroonde kortfilm, Vuil Wasgoed verskyn en is ook bekend as Jony in die kykNET mokkiementêr, Hotel.

Die rolverdeling sluit in Simoné Nortmann, Francois Jacobs, Elize Cawood, Neels van Jaarsveld, Nicola Hanekom, Bennie Fourie, Lara Kinnear, Leandry Smith, Liam Bosman, Candice Kruger, Drikus Volschenk en Edrien Erasmus. 


Die rolprent sal op 25 November 2016 fliekteaters landswyd tref.

Show's Stories