Snotkop dra by tot nuwe Koos Kombuis album
Updated | By MornéJK
Afrikaanse kwaito-ster, Snotkop het die naweek bekend gemaak dat hy bankvas staan agter Koos Kombuis se splinternuwe album.

Na sy nuutste treffer, Cool Soos Koos Kombuis, het Snotkop besluit om R10 000 by te dra tot Koos Kombuis se nuwe album wat bywyse van skarebefondsing vrygestel word.
Die nuwe tendens is waar aanhangers van 'n kunstenaar kan bydra tot sy/haar album en het reeds groot sukses behaal, veral in Ameriak.
Snotkop sê dat hy reeds van kleins af ‘n groot bewonderaar van Koos Kombuis en sy musiek is.
"Ek het sy plakkate teen my muur gehad en eksemplare van letterlik elkeen van sy albums en boeke gekoop. Die man is ‘n lewende legende en ek is buite myself opgewonde oor Koos se nuwe CD!," sê hy.
Snotkop se nuwe treffer snit ‘Cool soos Koos Kombuis’ wat die land aan die saam-sing het bewys dat Snotkop vandag nog ‘n geharde Kombuis aanhanger is.
Die twee het onlangs saam verskyn in “Cool soos Koos Kombuis” se musiek video – die eerste snit van Snotkop se nuwe album, “HKGK” wat vroer die jaar vrygestel is.
- Persverklaring
Show's Stories
-
Ice cream is the perfect reason to wake up from a nap
Who needs sleep when there's a chance you'll get to eat ice cream?
The Workzone with Alex Jay 53 minutes ago -
Rent-a-man service in Japan offers women emotional support
Would you ever consider hiring someone to provide you with company when ...
The Workzone with Alex Jay an hour ago