Snotkop is terug met 'n bang!
Updated | By MornéJK
Afrikaanse kwaito-ster, Snotkop stel vandeesweek sy nuutse album HKGK bekend en dit stel nie teleur nie.
Snotkop wat bekend is vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke doen dit weer.
Sy nuutste album, “HKGK”, verpersoonlik dié musikale karaktertrekke in ‘n album met hope skop!
Die techno-popgeur van die album word versterk deur polsende, aansteeklike baslyne wat tonne oemf tot elkeen van die 13 snitte toevoeg.
Met hoë-oktaan snitte soos “Cool soos Koos Kombuis”, “Hoe lykit”, “Woestersous”, “Raak vir my rustig”, “Meisie Ferguson”, “Kom ek soen dit beter” en “Dans en stop” is een ding baie seker: as hierdie album jou nie aan’t dans en partytjie kry nie is jy eenvoudig besig om te oud te word vir ‘n behoorlike kuier!
Die album is vanaf 24 Junie op die rakke.
Show's Stories
-
WATCH: Award-winning singer surprises two of his biggest fans
Two boys had no idea that their dreams would come true and were overcome w…
The Drive with Rob & Roz 2 days, 6 hours ago -
This is who will headline the 2026 FIFA World Cup closing ceremony
The closing ceremony will take place on Sunday, 19 July.
Breakfast with Martin Bester 2 days, 19 hours ago