VIA soek SA se top-trouvrou

VIA soek weer SA se top-trouvrou in tweede reeks

Is jy dalk Suid-Afrika se top-trouvrou? Skryf in - en staan 'n kans om R300,000 te wen!

Houvrou Of Trouvrou
Verskaf

Die meeste vrouens droom van 'n groot wit troue, maar voor die "I do's" en ruiker gooi is daar 'n belangrike vraag wat beantwoord móét word: Is jy 'n trouvrou of eintlik maar net 'n houvrou? 

Daarom gaan soek VIA weer sélf vir die land se top-trouvrou in die tweede seisoen van die werklikheidsprogram 'Houvrou of Trouvrou?' 

Soos in die eerste seisoen sal agt ongetroude vroue meeding om dié gesogte titel. 

Die wenner slaan nie 'n trouman los nie, maar lag al die pad bank toe met 'n tamaai kontantprys van 'n paar honderdduisendrand in haar handsak. 

Inskrywings vir die nuwe seisoen van 'Houvrou of Trouvrou?' is nou oop, so stuur 'n WhatsApp na 064 521 8157 of 'n e-pos na [email protected] en sê vir ons hoekom JY trouvrou-materiaal is!

Wie weet, dalk stap jy weg met die antwoord wat jy graag wil hê en – natuurlik – 'n groot kontant prys! 

Inskrywings sluit 2 Mei 2023.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories