Temalied vir "Eintlik Nogal Baie" bekend gestel

Temalied vir "Eintlik Nogal Baie" bekend gestel

Die musiekvideo vir die temalied van die nuwe fliek, Eintlik Nogal Baie, deur die 1925Band, is pas hierdie naweek bekendgestel. 

Eintlik Nogal Baie
Supplied

Die temalied is reeds op 15 Augustus 2016 vrygestel en is die begin van groot dinge vir 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek.   


Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ‘n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ‘n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. 

 

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. 


Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. 



LEES OOK: Lokprent: Eintlik Nogal Baie


“Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel. Dit is immers wat van liedjies treffers maak en waarmee luisteraars kan identifiseer,” vertel Reno, die ouboet van die groep. “David en Jeff skryf die meeste van die liedjies en word gewoonlik geïnspireer deur alledaagse gebeurtenisse, verhoudings en ervaringe van ons self en ander mense.”

 

Eintlik Nogal Baie word op 4 November 2016 in fliekteaters, regoor die land, vrygestel.


- Persverklaring

Show's Stories