'Toorbos' Suid-Afrika se inskrywing vir die 2021 Oscars

'Toorbos' Suid-Afrika se inskrywing vir die 2021 Oscars

Die film, wat ’n verwerking is van die bekende skrywer Dalene Matthee se 2003 roman met dieselfde naam, is tans te sien in teaters regoor Suid-Afrika.

TOORBOS
Facebook.

René van Rooyen se Toorbos is vanjaar Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die hoogs gesogte ‘Best International Feature Film Award’ vir die 93ste Annual Academy Awards in 2021.

LEES OOK: SA lauds 'Jerusalema' producer for MTV Best African Act

Die kompetisie was straf en die Suid-Afrikaanse ‘Academy Awards’ Verkiesingskomitee, bestaande uit professionele persone uit verskeie velde in die waardeketting vir filmvervaardiging, het na verskillende diverse, ryk en unieke inskrywings gekyk vanaf 2 - 5 November 2020 by Nu Metro teaters regoor die land.

René se film het reeds sukses behaal by die Kaapstad Internasionale Mark en Rolprentfees (CTIFMF) waar dit die toekenning vir die ‘Works in Progress (WIP)’ program gewen het. Die film is ook gekies vir die Torino Film Festival in Italië in November 2020. Toorbos is slegs die derde Suid-Afrikaanse inskrywing deur ’n vroulike regisseur vir die Oscars sedert 1989.

“Dit is ’n ongelooflike voorreg vir die hele span dat ons  rolprent genomineer is om Suid-Afrika amptelik te verteenwoordig. Ons Suid-Afrikaanse kunste is hard geknou deur Covid-19, en ons gaan deur moeilike tye. Die erkenning bied groot geleenthede vir ons hele bedryf, maar veral vir ons plaaslike filmindustrie.” sê vervaardiger Dries Scholtz.

Toorbos verken die ontworteling van ’n jong bosmeisie tydens die tydperk van die finale bosbewoners in die Suid-Afrikaanse Knysna-bosse van die 1930’s. Die film vertel die verhaal van Karoliena Kapp, ’n sterk vrou se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ’n struikelblok word in haar ondervinding van die man vir wie sy lief is.

KYK DIE LOKPRENT HIER:

Skrywer en Regisseur René van Rooyen verduidelik hoe “Toorbos die belangrikheid ondersoek, om nie alleenlik 'n balans in die toutrek tussen die manlike en vroulike te vind nie, maar ook die dringende behoefte om ons gebroke wêreld deer middel van ons konneksie met die natuur heel te maak. Die film word nou onder die kollig op 'n globale vlak geplaas, 'n absolute droom het waar geword.”

Die NFVF, as agentskap van die Departement van Sport, Kuns & Kultuur, word amptelik erken deur die ‘Academy of Motion Picture Arts & Sciences’ om inskrywings namens die Suid-Afrikaanse Filmindustrie te lewer.

Toorbos se sukses is ’n testament van die klassieke roman en ons geskiedenis as ’n land. Ons filmmakers speel 'n belangrike rol in die behoud van ons geskiedenis, en René het daarin geslaag om Dalene Matthee se roman onberispelik vas te lê. Die verhaal van Toorbos handel oor 'n historiese gebeurtenis in Suid-Afrika, wat die laaste bosbewoners van die Knysna-woud in Suid-Afrika in die 1930's geraak het. Ons wens René en haar span alle sterkte toe wanneer hul film op wêreldverhoë gaan meeding. Suid-Afrika staan agter julle.” - Makhosazana Khanyile, NFVF Hoof Uitvoerende Beampte.

Show's Stories