Unieke Droomdag begin draai - op TV!
Updated | By MornéJK
Die nuwe drama Droomdag is die eerste fliek wat spesifiek vir die DSTV betaal-diens Box Office gemaak is.

Dit is nie sommer dat 'n Afrikaanse fliek 'n glans geleentheid soos 'n premiêr mis nie, maar die keer het Willie Esterhuizen en KykNet fliekmakers besluit om die fliek nie grootskerm toe te stuur nie.
Droomdag kom uit die pen van die befaamde fliekmaker, vervaardiger en skrywer, Willie Esterhuizen met Juanita de Villiers in die hoofrolverdeling.
Sepie-ster Marcus Miller is die held in die "chick-flick" en meen dit was vir hom 'n enorme eer om deel te wees van die fliek.
Groot name soos Kaz McFadden en Shaleen Surtie-Richards is ook in die film te sien.
Die film handel oor 'n jong bruid se droomdag wat in 'n nagmerrie ontaard.
Tanya Stark, vertolk deur Juanita de Villiers, is 'n jong vrou wat alewig betrokke raak by die verkeerde man.
Sy besluit egter om op haarself te fokus maar uit die bloute kom haar droomman en slaan haar voete onder haar uit.
Regisseur: Willie Esterhuizen
Akteurs: Juanita de Villiers, Marcus Muller, Kaz McFadden, Natania van Heerden, Shaleen Surtie-Richards, Neels Clasen, Greta Keet, Maki Mokhitli, Keyuri Naidoo, Dambuza Nqumashe, Thiart Li, Marno van der Merwe, Leandry Smith
Show's Stories
-
LOOK: Pokémon-shaped chip sells for R58,000
What would you pay to own a Pokémon-shaped snack?
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago -
How South Africa ranks amongst countries getting most sleep
A study has revealed the average sleep duration for 20 countries.
The Drive with Rob & Roz 16 hours ago