Willie Esterhuizen se nuwe fliek binnekort uit

Willie Esterhuizen se nuwe fliek binnekort uit

Willie Esterhuizen se nuwe Afrikaanse film, Droomdag, sal in April op Box Office vrygestel word.

Droomdag
Supplied

Die film handel oor 'n jong bruid se droomdag wat in 'n nagmerrie ontaard. 


Tanya Stark, vertolk deur Juanita de Villiers, is 'n jong vrou wat alewig betrokke raak by die verkeerde man.


Sy besluit egter om op haarself te fokus maar uit die bloute kom haar droomman en slaan haar voete onder haar uit.


Regisseur: Willie Esterhuizen


Akteurs: Juanita de Villiers, Marcus Muller, Kaz McFadden, Natania van Heerden, Shaleen Surtie-Richards, Neels Clasen, Greta Keet, Maki Mokhitli, Keyuri Naidoo, Dambuza Nqumashe, Thiart Li, Marno van der Merwe, Leandry Smith.

Show's Stories