Willem Botha se nuwe album oppad

Willem Botha se nuwe album oppad

Afrikaansse musiek se goue seun, Willem Botha was hard besig in die ateljee en het bevestig dat sy nuwe album in April die rakke sal tref. 

Willem Botha
Instagram

"Ek is regtig baie opgewonde oor my album. Dit is die eerste album wat ek uitbring in 5 jaar en ek is baie opgewonde oor die nuwe musiek," het Willem aan Jacaranda FM se MornéJK vertel.


Hy voeg by dat hy saam met nuwe skrywers werk en dat mense as kunstenaar groei saam met jou gehoor en saam met die bedryf.

"Ons het met meer internasionale klanke eksperimenteer en die keer is my musiek meer leriek-gedrewe," sê Willem.


Hy wou eger nie uitrbrei oor die naam of titelsnit van sy nuwe album nie maar wel dat dit op sy 30ste verjaarsdag bekendgestel gaan word.

Maandag oggend meetings saam met die dream team van Universal Music! Nuwe album launch 17April17. Op my 30ste. 😆

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

"Ek word die 17de April 30 en het besluit om my album op my verjaarsdag bekend te stel," voeg hy by.


Willem sê hy is opgewonde oor 'n paar ander dinge wat ook in 2017 gebeur maar hy wou nie nou al daaroor uitbrei nie.

Show's Stories