Zak Hendrikz in Eintlik Nogal Baie
Updated | By MornéJK
Jy ken hom van verhoogproduksies soos Joseph, Droomkind asook 'n skurk in sepies en flieks soos Binnelanders en Ballade vir 'n Enkeling, maar Zak Hendrikz is meer as net 'n skollie.
Die blonde akteur met sy pot-blou oë is eersdaags te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik Nogal Baie wat die week in teaters begin draai.
"Ek is versot op die verhoog maar sepies en flieks is ook 'n passie wat by my opgewek is," het Zak aan MornéJK vertel.
Zak meen hy doen al vir 10 jaar lank verhoogproduksies maar dat sepies en films meer meer erkenbaar maak vir Jan Alleman.
"Jy kan vir jare lank in verhoogproduksies optree en min mense erken jou. Doen een fliek of sepie en jy word partymaal sommer met 'n handsak bygedam terwyl jy inkopies doen," sê Zak.
Oor sy rol in Eintlik Nogal Baie vertel hy hoe hy meestal die rol van die skurk vertolk.
LEES OOK: Temalied vir "Eintlik Nogal Baie" bekend gestel
"Ek weet nie of dit my gesig is of wat nie, maar ek is meestal die 'baddie'. Dit is nie noodsaaklik 'n slegte ding nie en omdat dit so vêr verwyderd is van wie ek eintlik is, is dit altyd lekker om daardie donker karakters aan te pak."
Zak deel die silwerskerm met Marissa Drummond en Andre Lotter in Eintlik Nogal Baie wat op die 4de November begin draai.
Show's Stories
-
SA woman shares story of singing with Green Day
On Sunday the 19th of January, Green Day performed at Soccer City to tho...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Why 2025 has fewer public holidays than 2024
Have you locked in your leave days for the year yet?
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago