Adam Barnard sterf
Updated | By Jacaranda FM
‘n Voormalige lid van die gewilde musiekgroep Romanz, Adam Barnard, is oorlede.

Barnard is Vrydag in die ouderdom van 38-jaar dood.
“Adam is vanoggend vroeg na sy hemelse huis waar hy uiteindelik pynvry kan wees en weer sing en hardloop,” lui ‘n verklaring wat op sy sosiale media platforms uitgereik is.
Sy vrou, Almitra, het Dinsdag bevestig dat hy steeds in ‘n koma is – en ‘n pleidooi gerig: “Hou asb aan met jul gebede; ons bid dat God hom sal verlos van hierdie aardse siekte pyn en ongemak.”
Barnard, wie veral bekendheid verwerf het as ‘n voormalige lid van die gewilde groep, Romanz, sukkel sedert kinderjare met nierskade.
“Dankie vir elkeen wat ons gedra het in gebed en nog sal. Die wêreld se gebede omring ons en dis wat ons nou nodig het,” sê Almitra na die sanger se afsterwe.
Barnard het voor sy dood dialise ontvang soos hy gewag het op ‘n skenking van ‘n nier wat nooit plaasgevind het nie.
ALSO READ:

Show's Stories
-
KYK: Trane rol tydens Corlea se emosionele volkslied-optrede
Die Suid-Afrikaanse sangeres, Corlea, het die hele Suid-Afrika in trane ...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
WATCH: Why women smell better than men
We're here to help you make 'scents' of this very interesting study!
The Drive with Rob & Roz 2 days, 15 hours ago