Die eerste Britse kroning sedert 1953
Updated | By OFM Nuus en AFP
Trompetgeskal sal deur Londen se Westminster Abbey opklink en seremoniële geweersalute sal oor land en see blaas om die eerste kroning van 'n Britse monarg sedert 1953 te vier - en slegs die vyfde sedert 1838.
Charles III sal Saterdag as koning gekroon word tydens 'n plegtige Christelike seremonie met 1 000 jaar se geskiedenis en tradisie as agtergrond.
Die kroon, genaamd St Edward's Crown, is van soliede goud en is in Britanje ’n heilige simbool van die gesag van die monarg, wat slegs een keer in hul bewind gebruik word. Dit sal om 1100 (GMT) op Charles se kop geplaas word terwyl uitroepe van "God Save the King" sal opklink.
Trompetgeskal sal deur Londen se Westminster Abbey opklink en seremoniële geweersalute sal oor land en see blaas om die eerste kroning van 'n Britse monarg sedert 1953 te vier - en slegs die vyfde sedert 1838.
Die hertog, wie se familie sedert 1483 staatsgeleenthede gereël het, het gesê die kroning is ook 'n kans om Brittanje en die Statebondsgroepering van 56 lande, waarvan Charles ook die hoof is, te verenig.
LEES OOK: King Charles III coronation: key timings
Westminster Abbey is ready for the #Coronation of King Charles III and Queen Camilla. pic.twitter.com/LfS3wJBK4k
— The Royal Family (@RoyalFamily) May 5, 2023
Kerkklokke sal ter viering van die kroning regoor die land lui, met soldate wat te voet en te perd 'n militêre parade deur die strate van Londen sal hou.
Koning Charles en sy vrou Camilla, wat as koningin gekroon sal word, sal terugkeer na Buckingham-paleis in die Gold State Coach, verby groot skares, voordat hulle vanaf die balkon 'n seremoniële verbyvlug sal waarneem.
Die kroning – slegs die tweede wat op televisie uitgesaai sal word en wat aanlyn gevolg kan word - is die godsdienstige bevestiging van Charles (74) as koning. Hy was sedert die dood van sy ma, koningin Elizabeth II, in September verlede jaar koning, ná sewe dekades as haar erfgenaam.
Die hertog, wie se familie sedert 1483 staatsgeleenthede gereël het, het gesê die kroning is ook 'n kans om Brittanje en die Statebondsgroepering van 56 lande, waarvan Charles ook die hoof is, te verenig.
Nie almal is egter in die bui om fees te vier nie. Teenstanders, wat 'n verkose staatshoof wil hê, beplan om op die dag te betoog met tekens wat verklaar "Nie my koning nie". Jonger mense sê ook die kroning – en die monargie in die algemeen – laat hulle koud, volgens peilings.Today we are commemorating the Coronation in style with a train service fit for a King!
— GWR (@GWRHelp) May 5, 2023
The 0848 London Paddington to Swansea service became known as the Flying Carolean with IET 802103 featuring King Charles III’s official coronation logo along with its new name. #coronation pic.twitter.com/gJoHbth3hT
Show's Stories
-
Only in SA: The art of being innovative in South Africa
Who needs wheels when you have your youth and good friends...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
This is how they drink 'iced coffee' in Dubai
Hmm, who needs a glass when you have ice...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago