JHB vrou wat as rassis bestempel is, misluk in aansoek om vergoeding

JHB vrou wat as rassis bestempel is, misluk in aansoek om vergoeding

Die Hoogeregshof het ‘n vrou van Johannesburg se aansoek om ‘n half-miljoen-rand in vergoeding van die hand gewys na sy as ‘n rassis op ‘n WhatsApp groep bestempel is.

WhatsApp on a phone / Pexels
WhatsApp on a phone / Pexels

Mmatlou Phaleng-Podile en Noranne Dovey het mekaar die hare ingevlieg op hulle landgoed se WhatsApp groep.


 


Hulle is albei inwoners van Ambiance in Fourways.


 


Vonke het op die groep gespat toe Phaleng-Podile gekla het dat daar persone was wat besig is om rond te stap.


 


Alle buitelugse oefeninge was tydens die eerste Covid-19 inperking in Maart 2020 verbied.


 


Phaleng-Podile het gedreig om die polisie oor the ootreeding in te lig.



LEES: Queen's doctors 'concerned' for her health as she is placed under medical supervision


 


Dovey, blykbaar geirriteer deur die WhatsApp-boodskap, het terug gekap en Phaleng-Podile afgevra: “Hoekom doen jy nie iets beter met jou tyd nie?”.


 


‘n Bekgeveg het op die WhatsApp groep uitgebreek.


 


Dovey het toe Phaleng-Podile ‘n rassis genoem.


 


Phaleng-Podile het toe ‘n saak van laster teen Dovey aanhandig gemaak en ‘n eis van R500 000 in vergoeding ingestel.


 


Die Hoogeregshof in Johannesburg het beslis dat ‘n stelling slegs lasterlik is indien dit objektief die eiser benadeel, en as ’n kwessie van waarskynlikheid die aantasting van iemand se goeie naam tot gevolg bring.



LEES: Ramaphosa concerned about municipal councillors’ literacy levels


 


Die hof het Phaleng-Podile se aansoek van die handgewys en bygevoeg dat enige redelike persoon op die WhatsApp groep tot ‘n gevolgtrekking sou kom dat Dovey ongegrond was in haar opmerking.


 


‘n Eis van injuria sou slaag maar was nie deel van Phaleng-Podile se petisie nie.


 


Geen kostebevel is uitgereik nie met die partye wat versoek is om hul eie regskoste te betaal.

Show's Stories